Twee medaljes vir Nam-atlete in Oregon, VSA
Namibië het sy eerste twee medaljes in Eugene, Oregon, ingepalm. Karsten Diergaardt het tweede gekom in die ontluikende elite hoogspring afdeling met Benjamin Hendrickse in vyfde plek. Die Pupkewitz-stigting het ‘n span atlete na die Amerikaanse Nasionale Skolastiese Atletiekstigting se Nike Opelug-kampioenskap wat in die deelstaat gehou word, gestuur. Die span het reeds op 10 Junie vertrek. Die spele het op die 15de begin en kom vandag tot ‘n einde.