Twee mans, tienerseun vasgetrek met Mandrax-tablette
Twee Namibiese mans en ‘n tienerseun verskyn vandag in verband met dwelmklagte in die Okakarara-landdroshof in die Otjondjupa-streek. Die 17-jarige seun is tydens ‘n patrollie van die Namibiese polisie in die Okondjatu-nedersetting met ‘n halwe Mandrax-tablet in sy besit gevind nadat hy verdag voorgekom het. Tydens verdere ondersoek van Nampol is daar vasgestel dat 217 Mandrax-tablette ter waarde van 26 100 Namibiese dollar in ‘n kamoefleersak by ‘n ou toilet weggesteek is. Gevolglik is die twee mans van onderskeidelik 40 en 30 jaar oud in hegtenis geneem. Die seun is in die sorg van sy ouers vrygelaat.