Twee mans in hof ná liggaam in rivier gevind is

Twee mans, die 22-jarige Dengwa Steven Leevi en die 36-jarige Kandere Alexander Kavange, is aangekla van die moord op die 17-jarige Thikundeko Disho. Die twee wat vanoggend in die Mukwe rondgaande hof verskyn het, staar ook ‘n klag van regsverydeling in die gesig. Daar word beweer dat die beskuldigdes Disho met ‘n onbekende voorwerp vermoor en sy liggaam in die rivier gegooi het. Sy liggaam is gevind met verskeie organe vermis. Die beskuldigdes bly in aanhouding en die saak is tot 5 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.