Twee-jarige se skilderye vir duisende verkoop

Wat dink jy van sy kunswerke? Sal jy so mooi kan verf?

Die kunswêreld is omtrent aan die praat oor die twee-jarige Laurent Schwarz van Duitsland. Sy helderkleurige abstrakte skilderye verkoop vir tot US$7 000 (meer as N$130 000)

Sy ma het ʼn Instagram-profiel begin waar hulle met sy kuns kan spog. Die profiel het gou gewild geword en hy het reeds meer as 31 000 volgelinge.

Dis dalk tyd om vir jou twee-jarige verf en ‘n kwas te koop, dalk is hy/sy die volgende Picasso.