Twee hofsake vertraag kwessie van Umkonto weSizwe-party registrasie

Die buurland se Onafhanklike Verkiesingskommissie het Umkhonto weSizwe se registrasie om aan die algemene verkiesing van 2024 deel te neem bevestig. Die kommissie se voorsitter, Mosotho Moepya, sê egter twee hofsake moet nog afgehandel word, wat sal beslis oor die party se geskiktheid vir deelname. Die party spreek ten spyte van die hangende regsuitdagings, vertroue uit en is vasbeslote in sy verbintenis om aan die komende verkiesing deel te neem.