Twee hoë-profiel sake voor regter Liebenberg

Twee hoë-profiel sake kom vanoggend voor regter Christie Liebenberg voor. Die eerste is die moordverhoor van Rachel Kureva, die ma van die nege-jarige Natalie Chipomho wat in Januarie 2020 half verbrand in ‘n asdrom in Windhoek-Noord gevind is. Kureva is in Januarie vanjaar weer in hegtenis geneem na getuienis in die moordverhoor van Natalie se pa Edward Nkata en sy vrou Caroline bekom is wat haar by Natalie se dood betrek. Die tweede is die verhoor van die vermeende pedofiel en voormalige polisieman Johann Maree. Hy moet 75 kriminele klagte verdedig. Beide die sake kom voor vir saakbestuur.