Twee groot informele nedersettings in Ongwediva kry sproeiligte
Informele nedersettings regoor die land het groot uitdagings met misdaad as gevolg van ‘n tekort aan beligting. Nou het die Die Ongwediva-dorpsraad begin om hoëmasligte by Onawa en Okandjengedi nedersettings te installeer. Die werk sal na verwagting teen middel Februarie volgende jaar voltooi sal wees. Die inisiatief het ten doel om veiligheid, sekuriteit en sigbaarheid te verbeter, terwyl die ligte langer hou. Kosmos 94.1 Nuus het met Ottilie Shingenge, die skakelbeampte van Ongwediva-dorpsraad, gesels wat meer besonderhede gee.