Twee groot dwelmvondse in Arandis

Die polisie in Erongo het nog twee groot dwelmvondse gemaak met klagtes nie net van die besit van dwelms nie, maar ook van handel daarin. Die twee operasies is in Arandis uitgevoer en in die eerste geval is ‘n man en vrou, beide Namibiërs en 24 jaar oud, gearresteer vir die besit van 668 gram skunk-dagga ter waarde van 33 400 Namibiese dollar. Ook in die dorp is ‘n 28-jarige Namibiese man gearresteer vir die besit van 97 gram skunk-dagga, 54 gram majad-dagga en 19 heel Mandrax-tablette met twee helftes. Die dwelms was verpak vir handel en die waarde is beraam op net minder as 8 000 dollar.