Twee gewapende rooftogte in Windhoek
Twee gewapende rooftogte het vandag in die hoofstad plaasgevind. Volgens die Namibiese polisie se hoofwoordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het die eerste rooftog vanoggend by die Gammams Shell-vulstasie in Khomasdal plaasgevind. Die tweede rooftog het in Onafhanklikheids-rylaan in plaasgevind waar 200 000 Namibiese dollar geroof is van ‘n eienaar van ‘n skrootwerf in die noordelike nywerheidsgebied. Kosmos 94.1 Nuus het met superintendent Marcelline Murapo van die Windhoekse stadspolisie gepraat…