Twee Franse rugbyspelers in arres

Rugby: Twee lede van Frankryk se nasionale span is in Argentinië in hegtenis geneem weens beweerde seksuele aanranding. Hugo Auradou en Oscar Jegou, wat die Hane Saterdag gehelp het om Los Pumas 28-13 te verslaan, is in Buenos Aires aangekeer en sal na Mendoza geneem word waar die beweerde misdaad plaasgevind het. Dit volg ‘n dag nadat ‘n rassisme-skandaal daartoe gelei het dat die Franse heelagter Melvyn Jaminet teruggestuur is huis toe. Dit het gevolg op ‘n video op sosiale media waarin hy rassistiese opmerkings maak.