Twee dood toe boot met 50 migrante in Engelse Kanaal sink

Twee mense is dood toe ‘n boot met migrante in die Engelse Kanaal gesink het. Volgens Franse maritieme owerhede het die voorval vanoggend aan die kus van Sangatte, naby Calais, plaasgevind. Ongeveer 50 migrante het volgens berigte sowat twee-kilometer van die kus naby Calais in die water beland. Minstens 46 mense is gered terwyl die owerhede na nog oorlewendes soek. Vanjaar is die dodelikste ooit vir vaarte oor die kanaal, met meer as 50 mense wat tot dusver dood is.