Twee dood in gru-ongeluk naby Mariental

Die Namibiese polisie het die besonderhede van Woensdagmiddag se gru-ongeluk in die suide bekend gemaak. Volgens die mag het die ongeluk omstreeks half-drie 45 kilometer noord van Mariental op die B1 plaasgevind. ‘n Dyna-vragmotortjie het van voor teen ‘n G4S transitowa gebots. Die voertuie het aan die brand geslaan en die twee insittendes in die Dyna, 29 en 31 jaar oud, het onherkenbaar gebrand. Die Dyna het suid gereis en die G4S voertuig noord. Die bestuurder en passasier in die transitowa het geringe beserings opgedoen.