Twee-derdes van SA huishoudings is voedselonseker
Altesaam 63,5 persent van Suid-Afrikaanse huishoudings is voedselonseker. Dit is volgens die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se nasionale voedsel- en voedingsekerheid-opname wat tussen 2021 en 2023 gedoen is. Die opname toon ook ernstige kommer oor vermorsing en belemmering met ʼn geraamde 12,6-miljoen ton kos wat jaarliks in die land vermors word. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die bevindings bied insig in die huidige stand van voedsel- en voedingsekerheid: