Twee Covid-sterftes in Windhoek, Onandjokwe aangemeld


Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes in twee distrikte, Windhoek en Onandjokwe aangemeld, asook 18 nuwe gevalle uit 1 762 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van een persent verteenwoordig. In die groep is drie leerders van verskillende skole, asook twee onderwysers en een student en gesondheidswerker elk. Daar is nou 369 aktiewe gevalle, waarvan ses mense in hospitale is en niemand in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 270 641 mense is ten volle ingeënt.