Twee besendings van Benylin pediatriese stroop onttrek
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het twee besendings Benylin stroop vir kinders van die mark onttrek. Dit volg na ‘n waarskuwing van die Nigeriese medisyne-beheeragentskap oor die opsporing van hoë vlakke van ‘n organiese verbinding in die produk. ‘n Woordvoerder van die owerheid, Madimetja Mashishi, sê hulle het met die Suid-Afrikaanse vervaardiger, Kenvue, voorheen Johnson & Johnson, ooreengekom oor die onmiddellike onttreking, terwyl die ondersoek voortduur.