Twee belangrik veilings vind Saterdag plaas

Die jaarlikse Hartebeestloop-veiling vind Saterdag op die plaas Hartebeestloop van die top Bonsmara-teler dr. Joggie Briedenhann in die Stampriet-distrik plaas. Dit is ‘n hoogtepunt op Namibië se landboukalender omdat die diere van topgehalte is. Die veiling begin om 11-uur en sal ook aanlyn wees, met ‘n verskeidenheid Bonsmara-bulle en -koeie. Paul Klein van Agra Veilings het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor wat op die dag aangebied gaan word.

Super Game gekombineerde veiling se jaarlikse wildveiling vind Saterdag in Windhoek plaas. ‘n Katalogus- en boma-kombinasieveiling word aangebied, met diere in bomas rondom die stad. Dit sal aanlyn en op die perseel plaasvind, by The Weinberg in Klein Windhoek, vanaf 12-uur.