Twee, albei 18, verskyn vandag vir moord op Fredricks

Die Namibiese polisie sê twee verdagtes, albei 18 jaar oud, sal vandag in die laerhof in Katutura verskyn op klagtes van die gru-moord van Christof Fredricks. Die mag het Sondag een verdagte as Namwandi Elias Silvanus Nandomba geïdentifiseer omdat hy gesoek was. Hy is op Swakopmund in hegtenis geneem. Die liggaam van die 30-jarige Frederick, ‘n lid van die LGBT-gemeenskap, is Donderdag in Otjomuise naby die Chairman Mao Zedong-skool gevind. Sy liggaam was geskend met privaatdele wat afgesny is en op sy bors geplaas is. Lede van die LGBT-gemeenskap sê dit is die sesde moord van ‘n lid van hulle gemeenskap sedert die parlement die privaatlid-wetsontwerp van Jerry Ekandjo, begin bespreek het.