Twaloloka gemeenskap nooit geken in hervestiging, sê raadslid

Na die brand wat die Twaloloka nedersetting in Walvisbaai in 2020 verwoes het, verloop die hervestiging van gemeenskaplede op Plaas 37, ook bekend as Green Valley, uiters stadig. Sover bly daar nog net een gesin op die plaas. ‘n Raadslid van die plaaslike owerheid in die Walvisbaai kiesafdeling, Ryan Gordon van die Landless People’s Movement, het met Kosmos 94.1 gepraat en sê die vorige raad het nooit met die gemeenskap vergader om hulle te raadpleeg oor die hervestiging nie.