TV-reeks Sewende Laan groet

Een van Suider-Afrika se gewildste TV-sepies, Sewende Laan, groet vanaand vir oulaas met sy getroue aanhangers wat na verwagting lang trane gaan huil. Die SABC het die reeks vroeër die jaar ná 24 seisoene gekelder. Vanaand se finale episode sluit verskeie terugflitse en insetsels van die laaste 25 jaar in, met al die akteurs en karakters wat gekom en gegaan het. Ingrid Paulus-Vraagom in haar rol as Vanessa is die enigste oorblywende lid van die oorspronklike rolverdeling en sy sal kykers vir die laaste keer deur Hillside en Oppiekoffie lei. Die program word met ou episodes van Vetkoekpaleis vervang.