TV-aanbieder Aleit Swanepoel oorlede

Die Aleit-groep het in ‘n Facebook-plasing bevestig dat die bekende Suid-Afrikaanse TV-aanbieder en geleentheidsbeplanner, Aleit Swanepoel, Sondagaand in sy slaap oorlede is. Hy was 47 jaar oud. Hy was die aanbieder van die leefstylprogram, Tyd met Aleit, op kykNET en die stigter van die Aleit Akademie op die Lourensford-wynlandgoed wat in Somerset-Wes geleë is. Swanepoel was voorheen getroud met die kunstenaar Nataniël se suster, Madri.