TUT stel nuwe navorsingshoof met fokus op geslagsgeweld bekend

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie het ‘n nuwe navorsingshoof-pos wat sal fokus op geslagsgeweld. Die universiteit se visekanselier, Vathiswa Papu-Zamxaka, sê dit is noodsaaklik om die posisie te skep, aangesien Suid-Afrika onder die gewelddadigste lande in die wêreld is. Intussen sê die direkteur van die Masimanyane Vroue-ondersteuningsentrum, Lesley Ann Foster, die land het weens die Covid-pandemie en inperking ‘n skerp styging in gevalle van geslagsgeweld ondervind.