Turkye: Reddingsfase kom tot ‘n einde
Die Verenigde Nasies sê die reddingsoperasie-fase van die hulpverlening in Turkye en Sirië loop nou ten einde. In dié fase is die fokus op sorg aan oorlewendes. Die hoof van die Rooi Kruis, Jamie LeSueur sê die grootste nood tans is skuilings waar mense gehuisves kan word. Die Rooi Kruis sê tente is nou noodsaaklik as tussentydse maatreël, maar voorafvervaardigde skuilings moet so gou moontlik opgerig word vir die langer termyn. Die verwagting is dat die dodetal van meer as 37 000, nog beduidend kan styg.