Turkse wetgewer keer Swede se Navo-aansoek goed

Swede beweeg al hoe nader aan lidmaatskap van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie nadat die Turkse parlement sy lidmaatskap goedgekeur het. Altesaam 287 uit 346 parlementslede het ten gunste van die lidmaatskap gestem. Swede het in Mei 2022 op dieselfde tyd as Finland aansoek gedoen om by Navo aan te sluit. Dis ʼn geskiedkundige verskuiwing in sy sekuriteitsbeleid ná Rusland se inval in Oekraïne. Hongarye is die enigste lid wat nog Swede se aansluiting moet bekragtig. Navo se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, het die goedkeuring verwelkom en sê Swede se lidmaatskap sal die organisasie sterker maak.