Turkse intelligensie dood IS-leier in Sirië

Die Turkse President Tayyip Erdogan sê sy intelligensiemagte het die Islamitiese Staat-leier Abu Hussein al-Qurashi in Sirië vermoor. Hy sê hy is geneutraliseer as deel van ‘n operasie deur die Turkse nasionale intelligensie-organisasie. Hulle het hom blykbaar baie lank agtervolg. Die aanval het plaasgevind in die noordelike Siriese dorp Jandaris, wat deur Turkse gesteunde rebellegroepe beheer word.