Turke moet weer stembus toe
Turkye se presidensiële verkiesing gaan ‘n herstemming vereis omdat nie president Recep Tayyip of sy hoofteenstander, Kemal Kilicdaroglu, 50 persent gaan kry om die algehele wenner te wees nie. Die land se hoogste verkiesingsraad sê Erdogan het in die eerste ronde 49,51 persent van die stemme gekry en Kilicdaroglu 44,88 persent. Die raad sê selfs indien die orige 35 874 ongetelde oorsese stemme bygereken word, sal nie een die nodige meerderheid stemme kry om die algehele wenner te wees nie. Die herstemming sal op 28 Mei plaasvind.