Tunisië se regering stel maatreëls daar vir Palestynse studente

Tunisië se regering het ‘n reeks ondersteunende maatreëls uiteengesit vir Palestynse studente wat in sy kolleges studeer te midde van die voortslepende Israels-Palestynse konflik. Die minister van Hoër Onderwys en Wetenskaplike Navorsing, Moncef Boukthir, sê van die maatreëls sluit in verblyf in koshuise en universiteite vir Palestynse studente wat by openbare hoëronderwys-instellings geregistreer is vir die akademiese jaar 2023-24. Boukthir het ook aangekondig die ministerie sal universiteitsbeurse uitbrei na Palestynse studente wat vir professionele meestersgraadprogramme ingeskryf is. Sielkundige ondersteuningsdienste word ook aan Palestynse studente verskaf.