TUN reageer op twee onderwysers wat blykbaar verkrag

Twee onderwysers was onlangs in die hof weens die beweerde verkragting van leerders. Een van hulle is aangekla van die verkragting van twee leerders, 14 en 16 jaar oud, by ‘n laerskool op Walvisbaai. Die ander is ‘n onderwyser van Rundu wat na bewering ook ‘n leerder verkrag het. Reaksie is ontvang van Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van die Onderwysersunie van Namibië, wat sê daar moet wyer gekyk word na die oorsaak van sulke voorvalle.