Tugstappe teen diegene wat nie vervoer vir EFF-lede gebied het nie
Die EFF sê tugstappe word ingestel teen lede wat nie vervoer vir party-ondersteuners gereël het om die afgelope naweek sy tiende bestaansjaarvieringe in Johannesburg by te woon nie. Die party het ‘n lys van lede bekend gemaak wat verbied is om die geleentheid by te woon, insluitend raadslede, parlementslede en lede van provinsiale wetgewers. Die leier van die EFF, Julius Malema, het aan die media gesê hierdie lede word aanspreeklik gehou vir hul versuim: