Tucna wonder oor koördinasie in voedselhulp-verspreiding
Die diefstal van droogtehulp-voedsel skep groot kommer, want dit ry die regering se pogings om die honger-situasie te versag in die wiele. Die Kantoor van die Eerste Minister het die selfsugtige individue wat droogtehulpkos steel veroordeel. Die uitvoerende direkteur in die kantoor van die eerste minister, I-Ben Nashandi, sê die kos is bedoel om die mees behoeftige mense in die samelewing te help. Tucna se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, lewer kommentaar en bevraagteken die koördinasie van droogtehulp tussen die streeks- en nasionale leierskap.