Tucna sê oor Amushelelo se vakbonde

Die arbeidsaktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo het ‘n streekskantoor in Kuisebmond in Walvisbaai geopen vir twee van sy vakbonde, die National Union of Retail Industry Workers of Namibia en Namibia Security Workers Union. Jeremiah Namalenga, die woordvoerder van die arbeidministerie, sê die National Union of Retail Industry Workers of Namibia is nie geregistreer nie. Hulle het ‘n aansoek ingedien, maar dit het nie aan die vereistes van artikels 53 en 57 van die Arbeidswet voldoen nie, en is aangeraai om hul aansoek weer in te dien. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tucna se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, wat sê hulle het geen probleem met Amushelelo se vakbonde nie, maar wel met die ministerie se vereistes.