Tuchel kry Britse span wat Wêreldbeker kan wen
Engeland se waarnemende hoofafrigter, Lee Carsley, sê Thomas Tuchel neem ‘n span oor wat alles het om die volgende Wêreldbekertoernooi te wen. Die Duitser neem op 1 Januarie oor nadat hy ‘n kontrak van 18-maande geteken het. Hy vervang Gareth Southgate, wat in Julie bedank het. Carsley glo Engeland het die talent om die eerste keer sedert 1966 tot kampioen gekroon te word wanneer die toernooi in 2026 in Kanada, Amerika en Mexiko plaasvind. Hy sê hy laat die span in ‘n fantastiese toestand agter.