Tsunami-waarskuwing in Stille Oseaan opgehef
Die Stille Oseaan-tsunami-waarskuwingsentrum het tsunami-waarskuwings opgehef wat uitgereik is nadat ‘n aardbewing met ‘n sterkte van 7,7 die streek suidoos van Nieu-Caledonië getref het. Lande oral in die Stille Oseaan-gebied het ook waarskuwings uitgereik wat inwoners vanuit kusgebiede na hoërliggende gebiede laat vlug het. Die sentrum sê alle beskikbare data toon nou die gevaar het afgeplat, hoewel effense seevlak-veranderings nog die volgende paar uur kan voorkom. In 2004 is sowat 230 000 mense dood toe tsunami’s Indonesië en talle ander lande getref het.