Tsumeb-munisipaliteit begin vandag met opname

Tsumeb-inwoners word in kennis gestel dat die munisipaliteit vanaf vandag ‘n algemene opname oor munisipale eiendomme binne die Nomtsoub-gebied sal doen. Die doel van hierdie opname sal wees om die databasis op te dateer van persone wat in munisipale eiendomme woon om vervolgens huur-ooreenkomste met die raad aan te gaan. Daar sal van huurders verwag word om die munisipale amptenare toegang tot hul huise te gee sodat hulle hierdie oefening kan voltooi. Dit sal op ‘n weeklikse basis van Maandae tot Vrydae van nege-uur die oggend tot drie-uur die middag gedoen word. Die woordvoerder van die dorp, Stella Imalwa-Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…