Tsumeb-koperfees skop af, ‘boere moet ook ten toon stel’
Die Tsumeb-koperfees vind van môre tot Saterdag plaas, met die tema “Viering van vakmanskap, kreatiwiteit en uitnemendheid in ’n diverse Namibië.” Die fees is ‘n vlagskip ekonomiese en sosio-kulturele geleentheid sedert 2003. Dit bied ‘n platform vir besigheidsbevordering, netwerkvorming en bedryfsbetrokkenheid. Plaaslike en internasionale uitstallers stel hul produkte en dienste ten toon, wat beleggingsgeleenthede skep. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Julius Gaeseb, die voorsitter van die reëlingskomitee, wat sê boere en hulle produkte sal ook verwelkom word.