Tsoenami waarskuwing vir Indonesië

‘n Aardbewing wat 7,4 op die Richterskaal gemeet het, het ongeveer half ses vanoggend in Indonesië voorgekom en daar is ‘n waarskuwing vir ‘n tsoenami uitgereik. Volgens internasionale nuusagentskappe is daar nog geen duidelikheid oor skade of sterfgevalle nie. Die aardbewing het 12 kilometer ondergronds op die Flores-eiland voorgekom met naskokke van 5,6 op die Richterskaal. Inwoners van Maluku, Nusa Tenggara en Sulawesi is gewaarsku oor ‘n moontlike tsoenami.