Tsitsipas wil steeds verbeter by Italiaanse Ope
Tennis: Die sesde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland sal probeer om sy goeie vorm op die kleibaan voort te sit wanneer hy vandag teen Nicolas Jarry van Chilli te staan kom in die kwarteindronde van die Italiaanse Ope. Tsitsipas het in 2021 ‘n loopbaan-beste bereik met die derde plek op die ATP-ranglys, maar daarna uit die top-tien teruggesak. Hy is tans in die agtste posisie. Die 25-jarige wil aanhou verbeter.