Tsitsipas, Fritz sorg vir vuurwerke by Aussie Ope

Tennis: Verlede jaar se naaswenner van die Australiese Ope, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, het ‘n watertandlekker kragmeting met die Amerikaner Taylor Fritz in die vierde ronde verseker. Hy het Luca van Assche van Frankryk in skoon stelle verslaan, terwyl Fritz die Hongaar Fabian Marozsan geklop het. Die Italianer Jannik Sinner het sy derde oorwinning in skoon stelle behaal, oor die Argentyn Sebastian Baez, en die derde agtereenvolgende jaar na die laaste sestien deurgedring. In die vroue-afdeling het die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, maklik afgereken met Lesia Tsurenko van Oekraïne.