Tshwane vra dat wet op elektrisiteitsregulering nie bekragtig word nie

Die Stad Tshwane gaan daarop aandring dat president Cyril Ramaphosa nie die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering onderteken nie. Stadsamptenare betoog die wetsontwerp gee die Nasionale Energiereguleerder oordadige mag met die bepaling van elektrisiteitstariewe. Dit is deurgevoer deur die Nasionale Raad van Provinsies en is gemik op die ontbondeling van Eskom en die oopstel van die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf. Die stadsbestuurder van Tshwane, Johann Mettler, is bekommerd dat die wetsontwerp kan inmeng met munisipaliteite se vermoë om tariewe te bepaal, wat hulle inkomstebronne sal raak.