Tshwane soek na bron van cholera-uitbreking
Die Stad Tshwane wag tans op toetsuitslae om die bron van die cholera-uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria, te bepaal. Die burgemeester, Cilliers Brink, het die erns van die situasie benadruk en sê die uitbreking moet as ‘n nasionale noodtoestand, sowel as ‘n humanitêre en menseregtekrisis hanteer word. Hammanskraal is geïdentifiseer as die middelpunt van die uitbreking. Brink het ook op ‘n nuuskonferensie aangekondig ‘n tugproses vir amptenare wat geïmpliseer word ná forensiese ondersoeke, het begin.