Tshwane sê klopjagte op skole werk goed
Die Tshwane-metropolisie sê hulle optredes wat op skole gemik is, lewer steeds positiewe resultate. Die polisie het die week deursoekings in Temba, Hammanskraal en Soshanguve uitgevoer. Dagga, insluitend dwelmkoekies, messe, skroewedraaiers, speelgoedvuurwapens en sigarette is in die besit van leerders gevind. Die metropolisie se woordvoerder, Isaac Mahamba sê hulle is vasbeslote om skole veilig te hou en toe te sien dat die wet sonder vrees, gunste of vooroordeel nagekom word.