Tshwane-polisie se misdaad-operasies hoogs suksesvol

Die Suid-Afrikaanse Polisie het tydens ses doelgerigte en hoogs doeltreffende operasies in Tshwane 1 068 verdagtes weens verskeie misdade in hegtenis geneem. ’n Polisiewoordvoerder, Johann van Dyk, sê 295 is weens verskeie misdade gesoek. Hy sê dit sluit drie in vir moord, 82 vir geslagsgeweld en ses vir verkragting.