Tshwane moet water spaar – Brink

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, doen ‘n dringende beroep vir ‘n vermindering in waterverbruik weens dalende watervlakke in die metro se opgaardamme. Dit is hoofsaaklik aan die onlangse hittetoestand toe te skryf. Die hoër aanvraag het gelei tot lae vlakke in Rand Water én Tshwane se opgaardamme. Brink sê waterbewaring is die praktyk om water doeltreffend te gebruik om onnodige watergebruik uit te skakel: