Tshwane moet onder administrasie geplaas word

Die leier van United African Transformation, Abel Tau, sê hy het aan die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, en die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Mzikayifane Khumalo, geskryf om te vra dat die Stad Tshwane onder administrasie geplaas word. Die provinsiale regering tree in weens politieke onstabiliteit en binnegevegte wat die metro laat steier het. Tau sê die voortdurende versuim om ‘n burgemeester te verkies, stel die integriteit en bestuur van die metro in gevaar: