Tshwane laat ou kragsentrales herleef

Die stad Tshwane beoog om uitdiensgestelde kragsentrales te laat herleef. Die Rooiwal- en die Pretoria-Wes-kragstasie wat lank reeds nie meer krag opwek nie, is van die stasies waarvan die planne belowende vordering toon. Privaat sektor-betrokkenheid word verwag deur ‘n huurooreenkoms van 40 jaar wat ‘n betekenisvolle stap is om die aanlegte weer in diens te stel. Die burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste, Themba Fosi, sê bedrywighede kan volgende maand hervat.