Tshwane-koalisie wend hom aan die hof teen die speaker

Die veelparty-koalisie in Tshwane het ‘n dringende aansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof ingedien. Dit is teen die speaker van die raad, Mncedi Ndzwanana, se weiering om raadsvergaderings te belê om ‘n mosie van wantroue teen homself aan te hoor en begrotings te aanvaar. Die koalisie se woordvoerder, Cornè Mulder, sê die speaker se weiering is ‘n poging om die meerderheid van die veelparty-koalisie te frustreer ten gunste van die ANC en EFF, wat voortgaan om toutjies te trek om die bestuur van Tshwane in onbestendigheid te dompel: