Tshwane-burgemeester sê sakebedrywighede gaan voort
Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, verseker inwoners weer eens dat die sakebedrywighede van die stad voortgaan, ondanks die voortslepende onbeskermde staking deur lede van die vakbond Samwu. Hy sê in ʼn verklaring dit is jammer dat bepaalde dienslewerings-mandate vertraag word, insluitende waterlekkasies, elektrisiteit en afvalbestuur. Brink sê ondanks die onwettige optrede gaan vele werknemers van die metro voort met hulle werk en om hulle pligte na te kom. Brink sê nog afdankings word vandag afgehandel.