Trustco verlaat kommersiële banksektor
Trustco Group Holdings het aangekondig dat hy die kommersiële banksektor in Namibië verlaat. Dit is deel van sy strategiese verskuiwing om te fokus op finansiële dienste, waar hy aansienlike groeipotensiaal sien. As deel hiervan het Trustco sy belang in Legal Shield Holdings tot 91,35 persent vergroot en die verkryging van die oorblywende aandele in Legal Shield voltooi. Dit verstewig sy posisie in Namibië se versekerings- en eiendomsektore. Kosmos 94.1 Nuus het met Trustco se adjunk uitvoerende hoof, Quinton van Rooyen Junior, gesels.