Trustco verduidelik planne met Legal Shield

Trustco Group Holdings beplan om sy eienaarskap in Legal Shield Holdings te vergroot deur ‘n bykomende belang van 11,35 persent te verkry. Dit sal aansienlike eiendomsbates meebring en sluit aan by Trustco se groeistrategie. Die maatskappy beoog om hierdie bates te benut om meer erwe vir gemengde gebruik te ontwikkel en munt te slaan uit die herstellende eiendomsmark. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Trustco se uitvoerende hoof, Quinton van Rooyen Jr., wat meer inligting gee.