Trustco se omgewingsklaring-sertifikaat weer hernu
Trustco het die derde suksesvolle hernuwing van sy omgewingsklaring-sertifikaat vir ‘n ontwikkeling in die Lafrenz industriële gebied behaal. Hierdie nywerheidsprojek spog met ‘n uitstekende ligging, net 7 kilometer buite die sentrale sakekern van Windhoek. Trustco Eiendomme het die pakkie van 302 hektaar in 2004 bekom. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior, hieroor gesels.