Trustco Groep maak groot planne

Die Trustco Groep kondig aan hy en die Amerikaanse Riskowitz Value Fund LP sal ‘n opsie aangaan om ‘n kontantbelegging van tot 950 miljoen Namibiese dollar in Trustco te maak, wat die fonds as ‘n sleutel-anker-buitelandse belegger verskans. Boonop het Next Capital en entiteite geaffilieer met Trustco se stigter, dr. Quinton van Rooyen, ‘n aanbod gemaak om skuld van 1,48 miljard dollar in nuwe gewone aandele in Trustco te omskep. Die groep sê dit is ’n proaktiewe benadering tot skuldbestuur wat vrye kontantvloei vir toekomstige beleggings ontsluit, kapitaal vir dividende op mediumtermyn vrymaak en Trustco se netto batewaarde meer as verdubbel. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk-uitvoerende hoof van Trustco,